PROJEK VAN LIEFDE (Afrikaans Edition) por Rika du Plessis

PROJEK VAN LIEFDE (Afrikaans Edition) por Rika du Plessis

Titulo del libro: PROJEK VAN LIEFDE (Afrikaans Edition)

Autor: Rika du Plessis

Número de páginas: 131 páginas

Fecha de lanzamiento: October 11, 2016

Editor: H. Cloete

PROJEK VAN LIEFDE (Afrikaans Edition) de Rika du Plessis está disponible para descargar en formato PDF y EPUB. Aquí puedes acceder a millones de libros. Todos los libros disponibles para leer en línea y descargar sin necesidad de pagar más.

Rika du Plessis con PROJEK VAN LIEFDE (Afrikaans Edition)

Toe Mariaan die dag saam met 'n wildvreemdeling en sy modderbesmeerde groot hond op die vloer in 'n wriemelende bondel beland, het sy nie vir een oomblik gedink hierdie kennismaking gaan haar hele lewe verander nie. n Proestukkie uit Projek van Liefde
Sy voel die sagte drukkie op haar skouer. Sy weet dis hy nog voor sy opgekyk het. Sou die ander ou by Brenda nou Brent wees?
“Mag ek?” vra hy en hou sy hand na haar toe uit. Sy kyk op in sy gemaskerde gesig.
“So terloops, ek hou van jou idee van ‘n geverfde gesig in die plek van ‘n masker, nou kan ek tog mooi sien hoe jy lyk, want die verf steek nie veel weg nie.”
“Ek het mos belowe, dan nie?” vra sy, staan op en saam gly hulle oor die vloer tot tussen die menigte ander pare sonder om hom op sy opmerking te antwoord.
“Jy ruik lekker,” fluister hy meteens naby haar oor, en sy warm asem stuur aangename sensasies deur haar lyf.
“Dankie,” antwoord sy en terselfdertyd sien sy die stukkie van sy swart hare wat onder die hoed uitsteek. Ook net soos Rudi s’n. “Ek dink ek weet wie jy is,” gooi sy die klip in die bos.
“Werklik? Hoe kan jy seker wees?” terg hy sag.
“Sommige kleinighede wat ooreenstem met die man aan wie ek dink,” antwoord sy net so tergerig.
“Hou jy van die ou?” vra hy weer.
“Ja,” antwoord sy sonder om te skroom.
“Hy is ‘n gelukkige duiwel. Is daar ‘n verhouding tussen julle?”
“Nee.”
“Daar is dus hoop vir my?” terg hy voort.
“Jy ken my nie eens nie, weet nie eens hoe ek lyk as al hierdie verf af is en my hare se kleure weer uitgewas is nie, dus wonder ek waarom jy vir hoop vra,” antwoord sy saglaggend.
“Ek weet jy is mooi,” antwoord hy kort, en selfversekerd.
“Moet ek aanneem jy het ekstraal oë om deur al hierdie skilderasies te kyk?”
“Dis mos nou maar my geheim. Jy is veels te nuuskierig,” antwoord hy saglaggend. “Bowendien, as jy so seker is jy weet wie ek is, moet jy tog seker ook daaraan dink ek weet ook wie jy is, of hoe?” vervolg hy tergend.
“Wie praat van nuuskierig? Die uwe homself,” spot sy net toe die dans oorslaan in ‘n lewendiger stuk musiek. Onmiddellik stuur hy haar seepglad die nuwe ritme binne, trek haar nog stywer as die vorige keer teen hom aan.
In die vinnige tempo stuur hy haar met gemak by die saal se deur uit tot op die groot stoep waar gekleurde liggies dofweg aangebring is. Hy slaan oor in die ritme van vroeër se slepende wals.
“Jy dans nie nou saam met die musiek nie,” terg sy hom met opset.
“Ons maak ons eie musiek, sluit net jou ore vir die klank wat daar van binne af kom,” fluister hy naby haar oor, laat sy lippe sag oor haar wang vee tot by haar mondhoekie waar dit huiwer en streel.
Sy trek sag haar asem in. Dit moet Rudi wees, selfs sy naskeermiddel ruik dieselfde, en daardie lippe so vol gevoel soos dit al op haar hand was. ‘n Stryd woed in haar, maar sonder dat sy haarself kan beheer, skuif sy haar mond stadig onder syne in. Amper eerbiedig vou syne oor hare, soen hy haar soos sy nog nooit gesoen was nie. Soos seeperdjies op en neer gly in die branders, kartel haar bloed deur haar are met elke deining sterker as die vorige een. Sy soen hom terug met ‘n passie wat sy nog nooit in enige man se omhelsing kon toepas nie. Hierdie voel net reg, en sy gee haar oor daaraan. Selfs al is dit nie Rudi nie, gaan sy haar verbeel dit is hy, want dis wat sy wil hê.
Hy lig meteens sy kop, haar mond steeds wagtend vir meer toe hy haar sag van hom af wegdruk.
“Soen jy sommer enige man so?” vra hy sag.
“Nee, ek het nog nooit,” antwoord sy eerlik terwyl sy haar hartspronge onder beheer probeer bring.
“In daardie geval is ek geëerd, baie dankie, dit was absoluut perfek. Jy maak my kop draai, en ek beter nou gaan. Dankie dat jy die aand vir my spesiaal gemaak het, iets om te onthou,” antwoord hy steeds in sy vermomde stem terwyl hy haar stadig teruglei na binne toe.
Sy steek halfpad tafel toe vas. Effens teleurgesteld omdat haar vervoering so eensklaps tot ‘n einde gekom het terwyl haar bloed nog warm deur haar are bruis.